KYK: Konsternasie toe tiptol met selfoon geflous word
Kat steur hom min aan voël se protesaksie by oord se tent.
Hoe laat jy ’n swartoog tiptol se brein in die rondte tol?
Jy neem sy benoude geroep af met jou selfoon, sit die selfoon op ’n tafel neer en speel vir tiptol sy eie deuntjie terug.
’n Tiptol en kat is duidelik nie maats nie.
Die kat wat by ons tent kom kuier het by De Voetpadkloof het die tiptol luidkeels laat protesteer. Kat se kind het hom min gesteur aan die protesaksie.
Die selfoon is op ’n tafel neergesit, met die tiptol se getjirp wat vir hom teruggespeel is.
Hy het koppie links, koppie regs, al vraende na die foon geloer.
Later het hy nog twee tiptolle gaan roep, wat probeer uitpluis het wat aan die gang is.
En toe hulle nie kon verstaan dat die selfoon nie vlerke het nie, het hulle heen en weer begin vlieg. So al asof hulle die maatjie uit se benoude situasie daar op die tafel wou red.
Die gewone swartoog tiptol staan ook bekend as die bulbul (Pycnonotus barbatus) en is ‘n lid van die bulbulfamilie. Hulle word in noordoos-, noordelike, westelike en sentraal-Afrika aangetref.
• Willem Verschuur het ’n pragtige foto van die “dark-capped bulbul” (Swartoog tiptol) by Ngwenya Lodge in die Laeveld geneem wat op BirdLife SA se Facebook bladsy geplaas is.
KYK HIER:
www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7599648801938214160
