News

Oud-Middelburger ernstig beseer in motorfietsongeluk, steeds in intensiewe eenheid

’n Bekende oud-Middelburger sterk aan in die Mediclinic Hospitaal in Nelspruit na ’n motorfietsongeluk Vrydagmiddag.

Johan Kruger (31) kry steeds behandeling in die intensiewe eenheid van die Mediclinic Hospitaal in Nelspruit, nadat hy Vrydagmiddag in ’n motorfietsongeluk op die R37 buite Lydenburg betrokke was.
motorcycle accident
Verskeie mense het gehelp om Johan Kruger rustig te hou op die ongelukstoneel. Foto: Verskaf.
Sy ma, Lititia, vertel dat Johan vanaf Brugersfort na Lydenburg gery het, om ’n chiropraktisyn te gaan sien, om op sy rugspiere te werk. Hy en sy vrou, Chandré, sou hierdie naweek aan die Barberton XCM MTB (bergfiets) Uitdaag deelgeneem het.
“Hy het nog vir Chandré laat weet dat hy op pad is.” Kort voor 15:00 het ’n voertuig voor hom ingedraai. Daar is gemeld dat die vrou op die toneel gesê het dat sy hom nie gesien het nie, alhoewel hy baie stadig gery het.
Wat oor is van Johan se motorfiets. Foto: Verskaf.
Die voertuig wat voor Johan ingery het. Foto: Verskaf.
Kort na die ongeluk het twee motorfietsryers, (wat ook paramedikuste is), Andre Fourie en Karel Klopper, op die toneel gestop en seker gemaak hy beweeg nie. Johan het ’n ernstige oop fraktuur opgedoen aan sy bo-arm en ook ander beserings, wat hulle met sorg verbind het.
Hy is later die dag afgevoer na die Mediclinic in Nelspruit, waar hy sedertdien aan ’n ventilator gekoppel is. Lititia sê die ventilator is vanoggend afgehaal, maar dat Johan steeds in intensief bly. “Die oop wond word net skoongespoel, sy longe is nog nie sterk genoeg sodat hulle ’n operasie kan doen nie.”
Johan Kruger (31), ‘n bedrewe hengelaar en fiksheidfanatikus, was Vrydagmiddag in ’n motorfietsongeluk betrokke. Foto: Verskaf.
“As Johan nie sy beskermende klere gedra het nie, sou hy baie seerder gekry het. Gelukkig is hy ook topfiks!” Dit is ook die boodskap wat Lititia wil uitdra dat motorfietsryers ten alle tye hulle volledige beskermende klere moet dra.
“Moet ook nooit ’n motorfietsryer se valhelm afhaal op ’n ongelukstoneel nie!”
Die gesin wil graag elke persoon wat op die toneel gehelp het, asook die ambulanspersoneel en die dokters en personeel van die Mediclinic Hospitaal vir hul puik diens bedank.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button