News

KYK: Leuen op leuen oor dennebome wat afgesaag is

Inwoners wil weet of daar opgetree gaan word na "misverstand".

Dit is ’n leuen. ’n Infame leuen.

Binne vyf vragies is die denneboom-sage Dinsdag onder die mat ingevee.

Tydens ’n raadsvergadering het rdl. Johan Dyason gevra wie het toestemming gegee dat die Dennesig plantasie afgesaag word.

En die antwoord? “Dit was ’n misverstand”.

Nou wil inwoners graag weet wie was verantwoordelik vir die misverstand?

Is daar opgetree teen die persoon wat verantwoordelik was vir die “misverstand”?

En dan die grootste leuen.

“Nadat amptenate bewus geword het dat daar ’n misverstand was is die saagwerk dadelik gestaak en die plantasie opgeruim.”

Dink die amptenare wat die antwoorde voorberei het inwoners is blind?

Die plantasie lyk nog net soos toe die bome afgesaag is. Die stompe lê nog net so en die takke is nie eers verwyder nie.

Wat meer is, die Steve Tshwete Munisipaliteit erken dat hy nie ’n sent uit die afsaag van die bome gemaak het nie.

Waar is die geld heen?

Wie het geld in sy sak gesteek?

Die bome kan tot R2000 behaal.

Wie het daardie geld gevat?

Nog ’n leuen: “die bome is afgesaag omdat hulle begin omval het en ’n gevaar was”.

Nie een van die Verdoornstraat bome, wat steeds op hopies daar lê, reg om weggery te word, is vrot nie.

Om die waarheid te sê, inwoners wat in die plantasie gestap het, het net been boom gesien wat “vrot” gelyk het.

Daar gaan kwansuis voor die winter 150 nuwe bome aangeplant word.

Inwoners wag in spanning.

Want hulle ruik ’n rot.

Kan so skandaal sommer net so onder die dennenaalde ingevee word?

Is dit maar soos klagtes oor ander dienste “ons het dit gerapporteer” en dan moet inwoners verlief neem?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button