KYK: Italiaanse kaptein gaan saam met Bok kaptein kom rugby praat
Onvergeetlike aand wag op gaste by manne-aand met ’n swaargewig paneel.
’n Manne-aand word op 13 Maart by Hoërskool Middelburg aangebied.
’n Swaargewig paneel van oud Bokke en ander internasionale spelers gaan vir ’n onvergeetlike aand sorg.
Mike Horak, wat rugbyliga in Australië gespeel het en ook vir Engeland uitgedraf het, is saam met die oud-Italiaanse slot, Quintin Geldenhuys, van die paneelgaste.

Oud Bok kaptein wat ook voor gedraf het vir Hoërskool Middelburg se eerstespan, Wynand Claassen, het voorheen ’n boek geskryf oor sy wedervaringe op die dorp.
Hy kan gaste seker ’n hele aand besig hou met sy staaltjies oor Middelburg, maar ook oor sy loopbaan as Bok en sy tyd as speler in Frankryk.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se nuwe rugbyhoof Christiaan Gouws vertel meer van Middies se manne-aand, met tien tafels wat nog beskikbaar is. Groot name in internasionale rugby gaan die aand bywoon, so koop nou jou kaartjies, want hulle vlieg! Kostes beloop R8000 per tafel.
Jaco Kriel is deesdae ’n gewilde motiveringspreker by veral skole en gaan ook deel van die paneel wees.
Hy het ’n inspirerende verhaal van swaarkry, die stryd om ’n lewe te maak na rugby en sy nuwe loopbaan.

Quintin Geldenhuys, wat ’n gewilde slot was vir die Pumas en op Witbank uitgedraf het, het ’n interessante storie om te vertel oor sy reis van Witbank na Italië.
Hy is later na die land van pasta om vir Zebre te speel en het die Italiaanse span later aangevoer.
’n Ete word ook aangebied en daar sal ’n veiling wees waar ’n losie by Middies onder andere gekoop kan word.

Tafels van 10 is beskikbaar teen R8 000 per tafel.
Vir navrae of om jou tafel te bespreek, kan Hoërskool Middelburg se nuwe rugbyhoof, Christiaan Gouws geskakel word by 082 458 2909.
