News

KYK: Vonke spat toe weerligstraal hek tref

Die vonke het behoorlik gespat toe ’n weerligstraatl gisteraand ’n hek getref het.

Tydens die elektriese storm gisteraand het die weerlig ’n hek raakgeslaan en kan ’n mens op kringtelevisiemateriaal duidelik sien hoe die vonke spat.

Jaco van der Walt het goedgunstiglik die videomateriaal (wat hy ook in stadige aksie opgeneem het) beskikbaar gestel vir die Observer om te gebruik.

@middelburgobserver

Sparks fly as lightning hits gate during electrical storm in and around Middelburg. Video courtesy of Jaco van der Walt. Lightning, weatherreport, Badweather, MiddelburgObserver, BreakingNews, N11

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Hy bly op ’n plot net buite Middelburg op die Loskopdampad en die oomblik toe die geweldige weerligstraal slaan om 19:34, het hy dadelik besef iets is raakgeslaan. Hulle het die buitekameras se videomateriaal nagegaan en gesien dat die hek getref is.

Die vonke het in alle rigtings gespat nadat die weerlig die hek raakgeslaan het. Foto: Skermskoot van kringtelevisiemateriaal.

Dit was egter nie die enigste skade nie. Hul boorgatpomp is sedert die slag buitewerking, die krag was uitgeslaan en een van die ander mense op die plot sê hul televisie is ook stukkend. Jaco het verneem dat ander boere in die omgewing se boorgatpompe ook flenters is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button