NewsSport

Skoonseun en skoonpa saam in Suid-Afrikaanse kampioenskappe

Is die beste ryer skoonpa? Skoonseun? Of is dit dalk die dogter?

As jy in jou skoonpa se goeie boekies wil kom, moet jy seker maak soos jou skoonpa maak?
Of hoe?
Neville Rosenstein (44) neem die naweek saam met sy skoonpa, Len Sutton (70), aan die Suid-Afrikaanse fietsry kampioenskappe by De Deur deel.
En nee, hy ry nie fiets om sy skoonpa te beïndruk nie.
Die oud Laerskool en Hoërskool Kanonkop leerling, ry al vir jare mededingend fiets.
By die Mpumalanga kampioenskappe, drie weke gelede, het hy skitterend gevaar en agtste algeheel geëindig, uit vyf provinsies, met 77 ryers in die 40 tot 49 ouderdomsgroep.
Hy is ook gekroon as Mpumalanga kampioen.

A smiling man in a red cycling jersey holds a wooden plaque saying "Mpumalanga 2026 Road Champs 1st." The atmosphere is celebratory and proud.
Len Sutton neem die naweek in die 70 plus ouderdomsgroep aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel. FOTO: Verskaf.

“Dis baie lekkerder as draf”

Die fietsrygogga het hom reeds in 1994 gebyt.
“My pa het marathonne gehardloop en ons het gewoonlik die vyf kilometer gedraf. Eendag het hulle ’n tweekamp gehou by die ou Krugerdam-oord waar jy twee kilometer gedraf, 16 km fiets gery en weer twee kilometer gedraf het. Ek en ’n vriend, Charl Engelbrecht, het toe begin om fiets te oefen in die middae. Ons het gou agtergekom dit is baie lekkerder as draf.”
In sy tweede jaar in die o/16 ouderdomsgroep het hy ’n brons medalje verower in ’n 110km padwedren tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bloemfontein, uit ’n veld van 145 o/16 ryers.

En sy moeilikste wedren?

“Waarskynlik die twee Cape Epic wedrenne in 2014 en 2016.”
Sy vrou Lizel is self ’n kranige ryer en Neville moet trap om voor haar te bly.
Die vraag is natuurlik wie is die beste van die twee?
“Beslis my vrou wat natuurlike talent aanbetref.”

Dit was kliphard

Oor die provinsiale kampioenskappe sê hy dit was kliphard.
“Ek het lanklaas padfiets gery, bergfiets is ’n ander tipe poging, daar was drie bultjies op elke rondte, maal agt, en op elkeen was daar ’n aanval. Dit was ook baie warm gewees.”
Daar is die afgelope jaar gereeld berig oor die uitstekende sement fietsrybaan by Naledi net buite die dorp en die verval van die fasiliteite.
Neville borrel van nostalgie wanneer hy oor die baan praat.
“Elke Dinsdag het ek, Charl Engelbrecht en Waylon Woolcock (20 jaar ’n professionele fietsryer), met ons fietse daarheen gery en ons intervalle geoefen en dan terug gery. Dit is jammer dat dit nou so lyk.”

Kortliks:

  • Gunsteling fiets? Bianchi bergfiets wat ek besit.
  • Pad of MTB? Altwee is vir verskillende redes ewe opwindend.
  • Gunsteling fietsryer? Tadej Pogacjar.
  • Gunstelig televisie program? Enige fietsry.
  • Gunsteling gereg? Pizza.
  • Gunsteling drankie? Swart en bitter koffie.

*Middelburgers Eduan Lotter o/15, Keara Botha o/23, Thokozani Mahlangu, elite ryer en Tobie van den Bergh 60-69, het ook vir die kampioenskappe gekwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button