Johan ‘het ons dorp se ligte aangehou’
’n Bekende inwoner wat vir jare by die Steve Tshwete Munisipaliteit gewerk het, is Saterdag in die vroeë oggendure oorlede.
Johan van Rooyen (73), die saggeaarde man wat vir jare, ‘Middelburg se straatligte aan gehou het,’ het Saterdagoggend weens kanker gesterf.
Sy dogter, Charmain, het met ’n hartseer glimlag gesê dat almal haar pa die man genoem het wat gesorg het dat ons dorp se straatligte aan bly in die aande. Hy was vir jare ’n tegniese asssistent by die munisipaliteit.
Johan is beskryf as ’n vrygewige persoon wat baie lief was vir visvang.
Hy word oorleef deur sy verloofde, Petro Swart, kinders Charmain en Charlene, skoonseuns Arthur en Victor, kleinkinders Jean, Chané, Lauren en Clarissa, Petro se seun, Gerhard, skoondogter Patrys en kleinkinders Leojonard en Wioné.
’n Roudiens word Vrydag om 11:00 uit die NG Kerk, Kanonkop, op die hoek van Loerie- en Seringstraat, gehou. Persone wat die diens bywoon, word gevra om vooraf te bevestig by Petro by 082 380 2313 sodat hulle kan beplan vir die verversings.

