News
Ses beseer na kar rol op N4 naby Belfast
Een voertuig het gerol na 'n botsing vanmiddag op die N4 naby Belfast.
Ses mense is beseer in ‘n ongeluk omstreeks 16:00 vanmiddag op die N4 tussen Sunbury en die Eerstelingsfontein-afdraai buite Belfast.
Na wat verneem word was ‘n VW Polo en ‘n Avanza in die ongeluk betrokke. Dit blyk dat die twee voertuie gebots het, waarna die VW Polo die veld in gerol het. Die Avanza het half in die pad gestaan, maar is vinnig deur die insleepdienste verwyder en was die pad gou weer oop vir verkeer.
- Alhoewel pasiënte per ambulans na die Belfast Hospitaal afgevoer is, blyk dit dat nie een van hulle baie ernstige beserings opgedoen het nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
