News

KYK: Belfast slaggat en mangat sluk kar én vulletjie in

Die vulletjie moes met groot moeite uit die mangat gelig word.

’n Kar het vanoggend kort na 07:00 in ’n reuse-slaggat in Belfast beland.

’n Ruk gelede het ’n jong vulletjie ook in ’n mangat in ’n Belfast-park geval. Die gat is ongeveer drie meter diep, maar gelukkig is die vulletjie, naas ’n groot skrik, nie ernstig beseer nie.

Die paaie word nie onderhou nie, en die sypaadjies en parke ook nie, sê inwoners. Daar loop ook ’n riemtelegram in die dorpie rond dat ’n kind ’n week of twee gelede in dieselfde oop mangat geval het en sleg beseer is.

Vanoggend se voorval het in Leydstraat gebeur, wat toe onder water was. Inwoners sê voertuie beland “feitlik daagliks in dié gat of ’n ander een”. Volgens ’n inwoner met wie Middelburg Observer gesels het, is die Belfast-hospitaal se gronde ook onder water. Water dam op weens onvoldoende dreinering in Belfast se strate sodra die druppels val.

@middelburgobserver

A young foal plunged into an open manhole in Belfast recently, while a massive pothole snared a local vehicle this morning. Enraged Belfast residents are denouncing failing service delivery, fearing that if a horse can vanish underground, a child could be next.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die dame wat in die gat beland het, noem dat inwoners al weet hoe om dié probleemstrate te navigeer, maar dat ’n trok eergister ook in die slaggat vasgeval het. Dit het die skouer van die pad, waar motoriste normaalweg verby die gat ry, vertrap.

“En daar val ek vas!” sê die vrou.

Dit vat ook soms dae lank vir die water in die pad om te verdamp. Met die water in die pad, wat dringende instandhouding nodig het, is gevaarlike slaggate nie sigbaar nie. Die motoris wat vanoggend in die gat beland het, het juis kantwaarts op die pad gery om die water te vermy. Insleepdienste moes die dame teen haar eie koste uit die gat sleep.

Dit is nie hoe mens die dag wil begin nie. Die jammerte is dat feitlik al Belfast se paaie in die onderdorp bykans onrybaar is en net daagliks meer verval. Trokke is naas reën die grootste sondebok want, sê Belfast-inwoners, dit help nie hulle ry ompaaie nie, want die trokke “volg ons net omdat hulle ook die slaggate wil misry”.

Inwoners meld nie eens meer die slaggate aan nie, want daar word niks aan gedoen nie. Die munisipale bestuurder kon nie in die hande gekry word vir kommentaar nie.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button