HTS Groot Raas 2026: Disco, dans en deuntjies
Op Donderdag 29 Januarie het die Groot Raas 2026 , HTS Middelburg se veld laat dreun met massiewe skoolgees.

Eggo’s van die Rooies Groot Raas ver in Middelburg gehoor.
HTS Middelburg het die dorp laat dreun toe honderde stemme tydens die Groot Raas begin juig het. Dit was ’n aand vol energie wat nog lank ná die laaste lied gevoel kon word.
Die veld was propvol, die deelname massief en die leerders, sigbaar voorberei. Bewegings, ritmes en stemme het saam gevloei wat ’n skouspel geskep het, wat minder oor geraas gegaan het en meer oor gees. Met piekniekmandjies en skenkings van nie-bederfbare produkte, het die aand ook ’n sterk gemeenskapskarakter gedra. Dit was ‘n bewys van ’n dorp wat sáám sing, sáám werk en sáám help.
Elke huis het ‘n spesifieke era van die 90’s as tema uitgebeeld
Steyntjies het nostalgie uitgestraal met hul 1960’s-tema, ‘Grease Lightning’, netjies uitgevoer. Helder neonligte, ‘n jukebox en rock-‘n-roll soos net Elvis kon, het die skare beïndruk.
Douwies het met hul 1980’s, Mtv-tema moderne energie en visuele trefkrag na die veld gebring. Mtv was vir ’n hele generasie meer as net ‘n TV-kanaal. Dit was ‘n kultuur van rebellie, ‘n leefstyl en ‘n modesimbool wat ‘n generasie gehelp het om hul eie unieke identiteit te vind.
Lauries het die 1970’s met disko-koors aangebied met kleurvolle klokbroeke, die ‘Bee Gee’s’ se selfvertroue en verseker wat kykers ‘Stayin’Alive’ van begin tot einde neurie.
Laurie Smith se 1970’s-tema was as een van dié aand se uitblink oomblikke, en teen die einde van die verrigtinge was die Lauries as die HTS Groot Raas Kampioene vir 2026 aangewys.
As jy ‘n oud-leerling, ouer, ondersteuner of net ‘n Middelburger is, móét jy dit sien, móét jy dit hoor, móét jy dit beleef.
@middelburgobserver KYK: HTS Groot Raas 2026: Disco, dans en dientjies Die dorp het gedreun toe honderde stemme tydens die Groot Raas begin juig het. Lees meer: #MiddelburgObserver #middelburg #mpumalanga #localnews #Mpumalanga #grootraas #htsmiddelburg
FOTO’S: Carmia Jansen van Vuuren.

































































