News

Kenners red roofvoëls van gewisse dood

Of dit nou ’n klein uiltjie in jou tuin is of ’n windswaeltjie wat op jou stoep kom val het na die storm, moenie hom self probeer voer of dokter nie, want daar is mense wat weet hoe om hulle te red!

Min inwoners is bewus daarvan dat die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) vrywilligers op ons voorstoep het wat kan help in noodgevalle met wilde diere en voëls.

Hierdie span goed opgeleide vrywilligers is ten alle tye beskikbaar om diere en voëls, veral roofvoëls, te red.

Net in die laaste paar weke is verskeie nonnetjies-uile gered wat beseer is tydens die geweldige storms en vir rehabilitasie na die Birds of Prey Rehabilitasiesentrum op Dullstroom geneem is.

Een van die uile wat gered is in die Middelburg omgewing word gevoer. Foto: Verskaf.

Die afgelope paar maande het talle mense ook laat weet dat hulle muishonde in die omgewing van skole en huise opgemerk het. Daar is gevra of hulle verwyder kan word.
Verskeie muishondkolonies kom in Middelburg en die omgewing voor.

Volgens Middelburg vrywilliger Lelanie Vermaak, moet hulle beslis nie verwyder word nie.
“Dit is koloniale diere en dit sal ’n hele invloed op die ekosisteem hê as net ’n paar van ’n kolonie verwyder moet word.”

Hulle kom voor naby spruite en oop velde en as hulle nader kom, sien hulle mense as ’n voedselbron, omdat verskeie mense van hulle al begin voer het.

Die afgelope tyd was daar ’n geweldige toename van beserings onder vlermuise en uile, veral nonnetjies-uile weens die storms

As jy ’n beseerde uil kry, hou hom warm in ’n boks of handdoek in ’n donker area. Moet hulle nie voer of water gee nie en kontak dadelik een van die vrywilligers. “Ons weet hoe om met hulle te werk, moenie dit self probeer nie, want hulle sal waarskynlik vrek,” meld Lelanie.

Die uitl op pad na die Birds of Prey Rehabilitasiesentrum in Dullstroom. Foto: Verskaf.

Ons dorp het ook baie windswaeltjies en is daar ’n paar van hulle beseer met die onlangse hael- en donderstorms. “Hulle kan nie van die grond af opstyg nie, hulle beentjies is te kort en hulle kom dan nie weg in die storms nie.”

Daar is gemeld dat daar onlangs ook ’n beseerde aasvoël op Secuda gevind is, wat reeds gevat is na Birds of Prey op Dullstroom.

’n Paar maande gelede is ’n muskeljaatkat hervestig wat hoenders gevang het en ander skade aangerig het in Middelburg ook hervestig.

Die muskeljaatkat wat hervestig is.

Alhoewel die vrywilligers in ’n paar dorpe gestasioneer is, werk hulle as ’n eenheid in ’n ondersteunende span saam.
• Melissa Kemp is die projekbestuurder van die MTPA; sy kan gekontak word by 074 483 6534.
• Lelanie Vermaak is ’n vrywilliger wat kan help met verwydering of raad rakende enige wilde diere en voëls (Middelburg-omgewing). Sy is beskikbaar by 076 720 6996.
• Egpaar Glen en Michelle Mortelmans is ook deel van die Middelburg span. Hulle is beskikbaar by 082 839 4873 of 076 360 2717.
• Nicky Horn is van Wildlife Paws op Dullstroom en kan geskakel word by 082 605 5129.
• Frith Douglas is deel van Birds of Prey by 063 683 2635.
• Birds of Prey se WhatsApp-nommer is 082 899 4108.
• Op Secunda is Tanya Ackerman die vrywilliger (082 057 9157).
• Marius van Reeuwyk (Dierewelsynsinspektoraatvereniging) is beskikbaar by 067 858 9719.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button