News

KYK: Belfast slaggat wat gister kar sluk se kake vandag om trok

Belfast slaggat ding mee vir SA se hongerste.

Gister moes ’n kar uitgesleep word, vandag sit ’n trok weer vas.

Belfast se berugte Leydstraat slaggat eis omtrent daagliks ’n slagoffer of twee.

Op die foto waar die trok vasgeval het, en gister die kar, ry voertuie juis op die skouer van die pad, om die pad mis te ry!

Die voertuig in die slaggat gister.
Die voertuig in die slaggat gister.

Daar het egter die anderdag ook ’n trok vasgeval, wat inwoners sê met die uitkomslag die skouer vertrap het.

Nou’s die skouer ook daarmee heen vir inwoners, want trokke volg hul elke beweging.

Sien, karre en trokke kompeteer nou vir die goeie paaie.

Die perdjie in die mangat.
Die perdjie in die mangat.

En daar is nie veel van hulle oor nie hoor.

Daar is ook wys en syd navraag gedoen oor die vulletjie wat in ’n oop mangat in Belfast geval het.

Die perdjie wat nog nie eens twee maande oud was ten tye van die ongeluk nie, is veilig uit die mangat gelig en terug by sy eienaars.

KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7603001665196690705?is_from_webapp=1&sender_device=pc 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button