News

Saggeaarde Marius het ‘n groot hart vir diere, veral sy katte, gehad

'n Inwoner van Middeburg wat mense se harte aangeraak het met sy saggeaarde persoonlikheid, is verlede week oorlede.

Marius Degenaar 49, ’n bekende gesig in die dorp en geliefde by familie, vriende en kollegas, is op 27 Januarie oorlede.

Marius het vir ongeveer 20 jaar by Packsolve gewerk en moes onlangs as gevolg van gesondheidsredes ophou werk.

Hy sal onthou word as ’n sagte, rustige mens met ’n groot hart vir diere – veral sy katte, wat sy lewe was.

Marius Degenaar was baie lief vir sy katte. Foto: Verskaf.

Hy was vir jare iemand wat graag oral te voet in die dorp beweeg het toe sy gesondheid dit nog toegelaat het.

In die laaste paar jaar het hy egter swaar begin loop, maar het steeds sy vriendelike geaardheid behou.

Marius het diep spore gelaat by almal wat hom geken het en sal met liefde onthou word deur vriende en familie.

’n Gedenkdiens ter nagedagtenis aan Marius word vandag (6 Februarie) om 10:00 vanuit die Kapel by die ICSA Kapel (begraafplaas in Samora Machelstraat) gehou. Ds. Jaco van Rooyen sal die diens lei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button