News

Aldrich sink lang sethou op nommer 16

Alle oë op jong Suid-Afrikaner in PGA-reeks.

Die oud Middelburger, Aldrich Potgieter, se PGA gholfavontuur het nie begin soos hy graag wou nie.

Hy het nie die afsnypunt gemaak in sy eerste toernooi nie, die Farmers Insurance Ope.

Daar is egter altyd ’n volgende toernooi om sake reg te stel en dit was die WM Phoenix Ope waarin hy tans speel.

Sy eerste rondte van 73 het drie brouhoue en twee voëltjies ingesluit vir ’n +2.

Die tweede rondte het ook nie goed afgeloop nie, met ’n 74 wat hom nie die valbyl laat vryspring het nie.

Chris Gotterup was die vroeë voorloper op -8 en ’n manjifieke 63  maar hy het ook uitgesak met

Ryo Hisatsune op -11 wat die voortou geneem het.

Die 40 voet set wat die jong Aldrich op nommer 16 gesink het, sal hom hoop gee vir die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button