News

KYK: Haaskenades laat inwoners giggel en grom

Miskien is kasterhasie die oplossing vir inwoners se frustrhasie

Wie het gesê hulle teel soos konyne?
Dit moet eintlik wees, “hulle teel soos hase”.
Ja-nee, hulle is haastig om die daad by die woord te voeg.
Hase is ’n maand swanger en direk nadat vyf tot agt klein hasies gebore is, teel hulle weer.
’n Maand later is daar weer oulike ou hasies.
So kan dit aangaan en aangaan.
Teel, kleintjies, teel, kleintjies.
Was nog nooit goed met somme nie, maar binne 10 maande kan daar mos 80 hasies wees?

@middelburgobserver

Hase laat Dennesig inwoners giggel én grom maar miskien is kasterhasie die oplossing vir die frustrhasie. Daar word lustig voortgeteel deur die spul hase in Dennesig, wat aanvanklik vir inwoners te oulik was. Nodat hule duur plante opgevreet word, word daar al meer ’n ander deuntjie gesing.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Daar is gekoer en “ag shame” toe die eerste werpsel die strate in Dennesig tref.
Haaskos is ten duurste aangekoop en hokke is binne erwe vir die oulike hasies gebou.
Daar was groot ontsteltenis toe ’n inwoner dreig dat sy “Rottie”, rottweiler honde, korte mette met die hasies gaan maak.
Rottie is so uitgekryt dat hy intussen in ballingskap gegaan het.
Maar haas se kind teel nie net nie, hy vreet.
Honderde rande se blommetjies is uit potte gevreet.
Inwoners wie se tuine soos woestyne lyk, het natuurlik nie ’n duit omgegee nie.

A round pot filled with vibrant purple flowers is set on a lush green lawn. The pot sits near a paved walkway, bathed in bright sunlight.
Hierdie blompot was nog een dag vol blomme en die volgende dag skoongevreet deur Dennesig se oulike hasies. FOTO: Verskaf.

Hulle het steeds gedink die hasies is oulik en kan met die hand gevoer word.
Skielik was die “oulike hasies” vir inroners met blomryke tuine nie meer so oulik nie.
Daar is verlede week voorgestel dat die hase gevang en elders hervestig word.
En net daar het haastige voorstelle en redenhasies sommige die haasnas ingejaag.
Soos dit met sosiale media gaan, het die storm net so vinnig verdwyn as wat ’n haas kan teel.

Dit het ’n inwoner van Dennesig nie verhinder om haar digkuns vrye teuels te gee nie.
Sy skryf:
Ek hoop nie die konsterhasie en frusthasie haal die nuutste publikhasie van die Observer nie.
Ai en dan eet die hasie jou spinhasie.
Ons het hoeka nou die dag hier op die hoek in die drein ’n blokhasie gehad.
Wat op aarde is die buurman se redenhasie?
Plaas gee hy jou net bietjie sphasie.
Nou soek hy net senshasie. (Dalk kort hy ’n kasterhasie).
Kom ons hou ’n straat bunny chow.
Raak ontslae van die frustrhasie en bou kommunikhasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button