News
Middelburgdam meer as 100%, kompensasieklep word oopgemaak
Een van die kompensasiekleppe by die Middelburgdam sal vandag 100% oopgemaak word.
Die Middelburgdamvlak staan tans op 101% en sal daar om 13:00 ’n kompensasieklep op 100% oopgemaak word.
Alhoewel dit nie ’n sluis is wat oopgemaak gaan word, nie, gaan daar steeds geweldig baie water in die Klein Olifants beland en sal die laagwaterbruggie beslis laat vanmiddag oorloop.
Middelburgers word gewaarsku om nie oor die laagwaterbruggie onderkant die Kees Taljaard Stadion te ry of te loop as die bruggie begin oorloop nie. Mense wat ook naby die rivier is vandag, word aangeraai om weg te beweeg na ’n veilige area, aangesien die watervlak aansieklik gaan styg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
