Wyk 4-inwoners eis antwoorde in Komati
Watertekort, swak paaie en hoë werkloosheid het Sondag die gesprek oorheers tydens ’n besprekingsgeleentheid in Igwababa se gemeenskapsaal in Komati. Die uitvoerende burgemeester, rdl. Mhlonishwa Masilela, raadslede en amptenare het die sitting bygewoon sodat inwoners hul bekommernisse direk kon stel.
Tydens ’n byeenkoms op 15 Februarie by Igwababa Gemeenskapsaal het inwoners hul frustrasies openlik uitgespreek oor aanhoudende watertekort en gebrekkige infrastruktuur. Water bly na jare steeds die brandpunt in Wyk 4.
Die burgemeester, rdl. Mhlonishwa Masilela, het saam met rdl. Zandile Joseph Ngubeni, ander raadslede en munisipale amptenare onder leiding van die munisipale bestuurder, mnr. Mandla Mnguni, met inwoners in gesprek getree.

Die burgemeester beklemtoon samewerking
“Ons is hier om te luister. Neem deel. Ons is bewus van die watertekort in hierdie wyk. In samewerking met omliggende myne word bykomende boorgate geboor om die watervoorsiening te verbeter,” het hy gesê.
Talle kwessies waaronder watertekort aangespreek
Kwessies wat aangespreek is, sluit in:
• Die toestand van swak paaie in landelike gebiede, wat dringende onderhoud benodig.
• Die behoefte aan ’n permanente kliniek in die gemeenskap.
• Hoë syfer van jeugwerkloosheid wat by die dag styg, met oproepe vir geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling.
• Inwoners het ook kommer uitgespreek oor onbekostigbare eiendomsbelasting en tariewe aan die munisipaliteit.
• Daar is ook ’n dringende behoefte vir ’n plaaslike dienssentrum.
• Ouers eis skuilings vir leerders by bushaltes. Volgens munisipale woordvoerders is ’n projek reeds in die pyplyn wat binnekort begin vir dié skuilings.
• Verskeie straatligte funksioneer nie, maar herstelwerk vind reeds plaas.
• Onder die besprekings was die behuisingstekort ook ’n punt van ontevredenheid ’n lang bestaande waglys vir toekennings.
• Die gemeenskap het ook genoem dat daar ’n tekort aan parke- en biblioteekgeriewe is.
• Laastens is die algemene instandhouding en snoei van bome en gras aangespreek en is gesê dat dit reeds aangespreek.
Gemeenskap se boodskap eenvoudig: ‘Ons wil sigbare vordering sien’
Die munisipale leierskap het ten slotte herhaal dat samewerking met dié gemeenskap van hoë-belang geag word.
“Daar sál verbetering in dienslewering vir Wyk 4 wees,” is gesê.
