Middelburg se dansende Mathilda
Wie is die vrou wat elke dag in die bloedige son so vrolik dans, op die hoek van Keiskama- en Oranjestraat?
Haar naam is Mathilda, dansende Mathilda.
Eintlik Mathilda Venter (55) van Bloekomsig.
Wanneer sy so hoed op die kop dans, kan jy nie anders om te dink aan die liedjie Waltzing Mathilda nie:
Once a jolly swagman camped by a billabong
Under the shade of a coolibah tree,
And he sang as he watched and waited ’til his billy boiled
“You’’ come a-Waltzing Matilda, with me“.
Maar, Mathilda van Bloekomsig dans nie vir die plesier nie, sy dans vir oorlewing.
Haar man, Henry, laai haar elke oggend op die Midwater Engen hoek af en daar staan sy tot net so voor vier in die middag, met ’n plakkaat wat smeek:
“I came in Jessus naam please I need a work or food or funs to suport my famely, God bles. Ek kom in Jessus se naam asseblief ek soek ’n werk of kos doenasies om my famelie te onderhou”.

Mathilda sê sy is nog altyd ’n Middelburger en het eers die WH de Klerkskool in eMalahleni bygewoon en later Platorand in Belfast.
“My man was in ’n motorfietsongeluk en kan eintlik nie werk nie, my seun is op Witbank en hy sukkel ook. My man het eers motorfietse by die huis herstel, maar die munisipaliteit het dit gestop. Ons kry nie Sassa nie.”

Sy maak afhangende of dit ’n goeie of slegte dag is R100 tot R150, sê sy.
“Ons gebruik nie dwelms of alkohol nie”.
Soms dans Mathilda nie, dan val sy op haar knieë…
…dan bid sy.
VIDEO: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7609670502822481160
@middelburgobserver KYK | Middelburg se dansende Mathilda Wie is die vrou wat elke dag in die bloedige son so vrolik dans, op die hoek van Keiskama- en Oranjestraat? Lees meer: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2026/02/22/middelburg-se-dansende-mathilda/ #middelburgobser#middelburg #communitynews
