News

Padfietsryers kan laaste trap insit voor Kaapse Toer

Rooiwal rol weer die rooi tapyt uit vir fietsryers.

Padfietsryers word deesdae bederf met die aantal wedrenne waarvoor hulle kan inskryf.

Pretoria Cycling and Racing Club bied hierdie naweek die Radsport Argus Prep by Rooiwal aan.

Dit kan as laaste voorbereiding dien vir die Kaapse Toer (Argus) wat op 8 Maart 2026 in Kaapstad plaasvind.

Daar kan nog Saterdag by die Hervormde Kerk Gemeente Grootvlei ingeskryf word.

Die wegspring is om 7:00.

Dit is ’n maklik bereikbare fietsryterrein net anderkant Pretoria in die rigting van Polokwane.

Vir die 92km is die inskrywings R330.00, 52km R280.00 en 26km R210.00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button