News

Meer as duisend mans gaan na die Mighty Men-saamtrek opruk

Gebede vanaand op Gholfsig koppie vir dorp en krisis in landbou

Alles is slaggereed vir die Mighty Men-byeenkoms wat more (Vrydag) 27 Februarie, op ’n plaas net anderkant Ultra City afskop.
Meer as ’n duisend mans het reeds aangedui dat hulle die byeenkoms gaan bywoon, met die vroue wat Sondag by hulle aansluit.

Man in a suit passionately speaking into a microphone on stage, with dramatic lighting and a dark background, conveying intensity and focus.
Johandré Potgieter. FOTO: Facebook.

Een van die organiseerders, Carel Schoultz, het vanoggend gesê dat hulle nog hard besig is op die terrein, maar alles sal reg wees wanneer die mans more begin opdaag.
Sprekers wat gaan optree is die 7deLaan akteur Zane Mees, die dinamiese prediker Johandré Potgieter, Pickard Henn en Eugene Genis.

A collage promotes a prayer event on February 26 at 6:00 PM in Golfsig Koppie. Images show people in prayer, with a cross and MMC 2026 logo. Contact details are included.
Die uitnodiging na vanaand se ge bedsbyeenkoms.

’n Vrou het 10 jaar gelede al ’n visioen gehad dat Schoultz by die Mighty Men betrokke moet wees.
Na ’n gebedsessie verlede jaar het hy gevoel “die heilige gees druk op sy hart” om ’n verskil te maak.
Die Mighty Men-saamtrek is interkerklik en kos R50 per persoon vir die hele naweek.
Vir navrae skakel Carel by 082 849 5009, Altus Badenhorst by 082 462 6540 of Gerrie Henn by 079 799 5849.

Golden-hour view of a serene farmland with fields stretching into the horizon. Bales of hay are scattered, and machinery sits idle, under a partly cloudy sky.
Die plaas waar die Hoëveld Mighty Men byeenkoms die naweek aangebied word. FOTO: Verskaf.

*Daar word ook vanaand op die Gholfsig koppie vanaf 18:00 gebid vir die dorp en die krisis in landbou.
“Almal van Middelburg. ’n Oproep tot gebed vanaand. Ons gaan saam lofprys en intree vir ons dorp en die boere, vir reën, die bek en klouseer krisis. Daar sal ook gebid word vir ’n suksesvolle Mighty Men, sodat dit ankerplek sal kry en jaarliks aangebied kan word. ’n Groot oomblik in ons dorp se geskiedenis,” lei die uitnodiging.
Vir navrae skakel Lukas Erasmus by 076 494 9570.

A group of people kneel and pray on a dirt road with hands raised, surrounded by dry grass and cars. The scene conveys a sense of devotion and unity.
Tydens ’n vorige gebedsbyeenkoms op die Gholfsig koppie. FOTO: verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button