News

Korb beleef goeie eerste dag by SA Ope

Interessante gholf lê voor met valbyl oor Els en Bekker se koppe.

Wie gaan die afsnypunt oorleef en wie nie?

Dit is die vraag wanneer die tweede rondte van die Suid-Afrikaanse Ope gholftoernooi vroeg vanoggend in Stellenbosch afslaan.

Oliver Bekker het ’n nagmerrie begin gehad, nadat hy verlede week nog die Durban Ope gewen het. Hy het drie oor syfer gespeel vir ’n rondte van 73, maar sal hoop vir ’n beter tweede rondte.

Suid-Afrika se beste gholf uitvoerproduk, Ernie Els, sal self beter moet speel om die valbyl vry te spring. Hy is vier oor syfer met ’n 74.

Die groot ligpunt was die dag was oud HTS Middelburg leerling en lid van die skool se gholfspan, Ruan Korb, wat net een oor syfer vir ’n rondte van 71 op sy telkaart ingevul het.

Daar is ’n drukkoker aan die bopunt van die Ope met vier spelers op -5.

Alejandro Del Rey het ’n 65 gespeel maar hy is saam met Oliver Lindell, Joe Dean en Dean Burmester voor.

’n Interessante dag se gholf lê voor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button