Laat daar lig wees en toe is daar Lig
Mighty Men begin met mans wat opgewonde by kampterrein opdaag.
Mans het reeds van vanmiddag af vol verwagting by die Hoëveld Mighty Men saamtrek begin opdaag.
Die saamtrek word op ’n plaas net anderkant Ultra City gehou.
Motoriste wat vanaf Pretoria op die N4 ry, sal verstar word deur ’n reuse kruis wat gisteraand op die plaas aangeskakel is.

Een van die organiseerders, Carel Schoultz, het gesê hy was skoon emosioneel toe die kruis aangeskakel is.
Sprekers wat gaan optree is die 7deLaan akteur Zane Mees, die dinamiese prediker Johandré Potgieter, Pickard Henn en Eugene Genis.
Die mans se vroue sluit Sondag, wat die laaste dag is, by hulle aan.
Meer as duisend mans het reeds kaartjies vir die saamtrek gekoop wat net R50 per persoon kos.
