News

KYK: Kleinseun besoek oupa se graf en herleef merkwaardige verhaal

Erfenisvereniging geloof dat hulle onderwyser se heldedaad onthou.

“As dit nie vir hierdie graf was nie, het ek dalk nie bestaan nie!”
Erik Botes het Woensdag die graf van sy oupa besoek.
Die graf waarop daar staan: “Groter liefde het niemand as dit, hy het sy lewe vir sy kind gegee”.
Daardie kind was Erik se ma, Suzette Botes.

A young girl with a large bow in her hair, wearing a dark dress and white shirt, is posing for a portrait.
Suzette Botes se lewe is as vierjarige deur haar pa gerede. FOTO: Verskaf.

Op 16 April 1950 het ’n onderwyser van die Botshabelo sendingstasie, Frederik Bukes (49), besluit om sy gesin na ’n kerkdiens op ’n uitstappie na Belfast te neem.
Agt kilometer buite Middelburg het hy gestop om na die staalspoorwegbrug te stap, saam met sy twee kinders, Ferdie (11) en Suzette (4). Sy vrou, Cillie (42), het in die kar gewag en Marita (8) het besluit om tuis te bly.

A railway bridge spans over a narrow river with rocky areas and grassy banks on either side.
Die brug net buite Middelburg waar Ferdinand Bukes afgespring het. FOTO: Rudi van Wyk.

Klein Ferdie het opgewonde saam met sy pa vooruit gestap met Suzette wat agterna kom.
’n Trein het vanaf nêrens aangestoom gekom.
Frederik het vir Ferdie geskreeu om van die brug af te hardloop.

Aerial view of an old building with a red roof and white walls, surrounded by trees and grassland.
Ferdinand Bukes was ’n onderwyser by die Botshabelo Sendingstasie. FOTO: Rudi van Wyk.

Binne sekondes moes Frederik besluit om soos sy seun na veiligheid te hardloop… of sy dogtertjie se lewe te red.
Hy het Suzette in sy arms opgeraap en haar styf teen sy bors vasgedruk, terwyl hy van die brug spring.
Tydens die sprong het hy Erik se ma tussen die pilare van die brugkonstruksie ingegooi. Frederik het na sy dood geval.
Suzette het ernstige beserings aan haar lip en rug opgedoen, maar oorleef.
Sy is op 19 April 2004 in Bloemfontein oorlede, na ’n rugoperasie.

Frederik Heritage Middelburg Erfenis Scheubie Bukes Born 4 June 1900 Teacher at Botshabelo Mission Station, Middelburg Died jumping from the railway bridge over the Klein Olifants River on the road to Belfast, when a train suddenly appeared, saving the life of his daughter. Groter lewe het niemand as dit; hy het sy lewe vir sy kind gegee Died Sunday 16 April 1950 (49 years)
Die bordjie is deel van die Middelburg Erfenisvereniging se projek. FOTO: Tobie van den Bergh.

By die graf van Frederik Scheuble Bukes, gebore op 4 Junie 1900, oorlede op 16 April 1950, het die Middelburg Erfenisvereniging een van sy bloubordjies opgesit. Wanneer die QR-kode op die bordjie, in die ou begraafplaas, skandeer word, kan lesers die verhaal lees en daar is ook verskeie foto’s.

Botes, wat in Pretoria woon, het namens sy familie die erfenisvereniging bedank, dat hulle sy oupa se merkwaardige verhaal op hierdie wyse gedokumenteer het.

KYK HIER:
@middelburgobserver

KYK: Kleinseun besoek oupa wat sy ma se lewe gered het, se graf. Lees meer: #middelburgobserver #middelburg #mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button