News

Mans gedoop terwyl die reën uitsak

Sterk manne op hulle knieë by Mighty Men-saamtrek

Pickard Henn: “Sterk manne, Groot manne, Leiers en Vaders op hul knieë. Weenend, Bekering en Oorgawe. Jy kon voel hoe die gewig optel. Jy kon voel hoe kettings breek. Daar is niks swak aan ’n man wat voor God buig nie.”

Die kruis was die simbool vn die naweek se Mighty Men-saamtrek. FOTO: Verskaf.

Terwyl Henn ’n boodskap gebring het by die naweek se Mighty Men-saamtrek het dit begin reën, tog is daar steeds gebid. Van die mans is in die reën gedoop.

“Dit het gevoel asof die hemel die oomblik merk,” het hy na die tyd gesê.

Groot mans kniel in aanbidding by die naweek se Mighty Men-saamtrek. FOTO: Verskaf.

Hy het geheime sonde aangeraak. “Die verborge dinge wat ’n man stadig van binne na buite doodmaak”.

“Die verslawings wat ons regverdig. Die kompromieë wat ons wegsteek. Die stil gevegte wat ons wandel met God, ons huwelike en ons kinders meer beïnvloed as wat ons besef.”

Mans is gedoop en het in lofprysing saamgekom by die Mighty Men. FOTO: Verskaf.

Hy het ook gepraat oor die uitnodiging van Jesus, dat niemand te ver heen is nie. Die feesmaal is voorberei. Die deur is oop. Genade is beskikbaar. En toe maak ons die oproep – die altaar is vol.”

Hy sê iets gebeur onder mense. “Daar is ’n honger. Daar is ’n roering. Daar is ’n oproep terug na reinheid, integriteit en geestelike gesag. Wanneer mans regmaak met God, word gesinne herstel. Wanneer vaders berou toon, verskuif geslagte. Wanneer leiers hulself verootmoedig, begin herlewing.”

Pa’s en seuns het saam aanbid. FOTO: Verskaf.

Volgens Henn het hy diep dankbaar by Mighty Men-saamtrek weggery. “Dankbaar vir dapper manne. Dankbaar vir oop harte. Dankbaar vir ’n Verlosser wat steeds sondaars roep en hulle steeds transformeer.

“Dit is slegs die begin. Daar is ’n beweging aan die toeneem onder mans in hierdie nasie en ek glo ons gaan sien hoe huise genees word, huwelike herstel, en ’n generasie seuns in hul Godgegewe roeping tree.

En die hemele gee sy seën vir die Mighty Men-saamtrek. FOTO: Verskaf.

“Herlewing is nie ophef nie, dit is bekering. En dit het begin.”

Carel Schoultz wat aan die hoof van die organisasie gestaan het, sê die naweek was “wonderlik, wonderlik, wonderlik.”

Daar was Vrydagaand sowat 2000 mans saamgetrek en dit het Sondag met die vroue saam aangegroei tot 3000. “Dit was duidelik mense is honger vir die Here”.

Daar was meer as 2000 mans by die Mighty Men-saamtrek die naweek op ’n plaas net buite Middelburg. FOTO: Verskaf.

Mans het van oral gekom, tot van Duitsland en die Vrystaat. “Die geestelike rat het momentum en hy het begin om te draai.”

Daar gaan nou met ’n projek van dissipelskap begin word, sodat mans wat hulle harte vir die Here gegee het, by gemeentes kan inskakel.

Die saamtrek word weer volgende jaar aangebied.

@middelburgobserver

KYK: Mans gedoop terwyl die reën uitsak Lees meer: #middelburgobserver #middelburg #mpumalanga mightymen

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button