News

Bek-en-klouseer krisis: Middelburg-boere moet nou optree

Die bek-en-klouseer krisis verdiep landwyd en Mpumalanga staan nie eenkant nie.

Kenners waarsku dat die amptelike syfers waarskynlik nie die volle omvang van die uitbrekings weerspieël nie, terwyl entstof besendings reeds onderweg is.

Tydens ’n onlangse bedryfskonferensie in Ermelo is dit duidelik gestel dat bevestigde gevalle moontlik net ’n fraksie van die werklike situasie op grondvlak verteenwoordig.

Dr. Danie Odendaal OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Dr. Danie Odendaal was ’n lid van die bek-en-klouseer taakspan. Foto: Skermskoot van die aanlyn uitsending.

Volgens veeartse word kliniese gevalle op plase in sommige distrikte veel hoër aangeteken as wat amptelike data aandui.

Vir Middelburg en omliggende landbougebiede beteken dit net een ding: Waaksaamheid en voorbereiding kan nie uitgestel word nie.

Getalle op plase groter

Bedryfsorganisasies het hul kommer uitgespreek dat nie alle gevalle formeel aangemeld word nie, wat beteken die nasionale prentjie kan onderskat word. Die virus versprei hoofsaaklik deur dierbeweging en dit plaas die fokus direk op vervoer, veilings en informele handel.

Mpumalanga tel onder die provinsies met aktiewe gevalle. Al is daar nie in elke distrik bevestigde uitbrekings nie, beteken dit nie die risiko is afwesig nie.

Volgens statestiek, was Dag 0 van die bek-en-klouseer uitbraak reeds op 30 Augustus 2024 gemerk. Foto: Skermskoot van die aanlyn uitsending.

Vee-beweging streng gereguleer

Produsente word daaraan herinner dat die vervoer van beeste, skape en bokke ’n wetlik gereguleerde proses is ingevolge die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1984). In- en uitbeheergebiede mag diere slegs beweeg indien dit vergesel word van die nodige bewegingspermitte wat deur ’n staatsveearts uitgereik is, sowel as die vereiste gesondheidsverklarings.

Diere moet klinies gesond wees en isolasievereistes moet by bestemmings gevolg word.

Onbeheerde beweging is nie net ’n risiko vir die bedryf nie – dit kan as ’n oortreding beskou word.

OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Die vervoer van vee sonder die korrekte permit, kan tot boete en arrestasie lei. Foto: Verskaf.
OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Die vervoer van vee sonder die korrekte permit, kan tot boete en arrestasie lei. Foto: Verskaf.

Entstof nie onmiddellik vir almal

Die eerste miljoen dosisse entstof uit Argentinië was in Suid-Afrika ontvang, met verdere miljoene wat teen Maart sal volg. Die aanvanklike hoeveelhede sal hoofsaaklik in hoërisikogebiede gebruik word voordat grootskaalse voorkomende inenting begin.

Die nasionale mikpunt is om minstens 80% van beeste per distrik in te ent om produksieverliese te beperk.

OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Die Departement van Landbou het op 25 Februarie dokumentasie vir die aansoek van bek-en-klouseer inentings op sosiale media gedeel. Foto: Skermskoot.

Private veeartse mag nou registreer om deel te wees van die massa-inentingsprogram.

Die voorgestelde model laat produsente toe om hul kuddes onder toesig van ’n veearts in te ent, mits streng rekordhouding en korrekte hantering van die entstof toegepas word.

Onderstepoort Biologiese Produkte wat eens ’n wêreldklas staatsonderneming was, is tans in ’n krisis, ondanks ʼn byna 500 miljoen rand inspuiting wat vir opgraderings toegeken is.

Wanbestuur en beweerde korrupsie het Suid-Afrika se vermoë om genoeg bek-en-klouseer-entstof te produseer, verwoes.

OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Daar word beweer dat daar slegs een, enkele masjien, by OBP fasiliteit is, wat die hele ‘besmette’ land se bek-en-klouseer gevalle, kan toets.

Waarskuwing teen entstof-bedrog

Bedryfsleiers het ook produsente gewaarsku teen individue wat voorafbetaling vra om toegang tot entstof te ‘verseker’.

Tans word entstofverspreiding binne ’n staatsbeheerde proses gekoördineer, en wettige invoerders mag nie die entstof kommersieel bemark of versprei nie.

Produsente word aangeraai om slegs met hul plaaslike veearts of staatsveearts te skakel vir korrekte inligting.

Wie en waar?

Daar is geen databasis wat bestaan nie. Dit is die werklikheid.

Daarom moet boere dringend hierdie informasie by hul veeartse aanmeld. Die naam van die plaas, eienaar, spesie van die kudde op die plaas en ook die getalle van die kudde.

Wat Middelburg-boere nou moet doen

· Werk saam met jou veearts.
· Hou plaas- en dieregetalle op datum.
· Meld bek-en-klouseer gevalle aan.
· Beweeg vee slegs met korrekte dokumentasie.
· Handhaaf streng biosekuriteit.

Die bek-en-klouseer krisis is nie ’n teoretiese bedreiging nie. Dit is aktief. Dit is vollop. Dit is hier.

Vir Middelburg se landbougemeenskap beteken dit voorbereiding, dissipline en samewerking, nou méér as ooit.

OBP, FOOT AND MOUTH DISEASE, BEK EN KLOUSEER, ERMELO, MPUMALANGA, BOERE, VEE, MIDDELBURG, INENTINGS
Boer, Pieter Joubert van Middelburg Mpumalanga het sy kudde deur bek-en-klouseer versorg. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button