News

Inwoners van Ermelo verloor karsleutels in Middelburg

Daar is vandag weer 'n karsleutels met 'n motorhandelaarsbesigheid van Ermelo se naam daarop in Middelburg opgetel.

In die laaste drie weke is daar twee keer karsleutels opgetel wat moontlik aan inwoners van Ermelo behoort.

Vanoggend is ‘n sleutel, wat baie nuut lyk, opgetel op die hoek van Champanspeak- en Rondebergstraat in Aerorand. Op die sleutelhouer staan: ‘Ermelo Toyota’ en dit is ‘n Corolla Cross karsleutel. Die sleutel kan opgeëis word deur 071 091 2062 te skakel.

• Drie weke gelede is ‘n karsleutel met ‘n sleutelhouer van ‘Ermelo Volkswagen’ op die hoek van Meyer- en Beyers Naudestraat opgetel. Die sleutel is steeds by die Middeburg Observer se redaksiekantoor. Skakel Daleen Naude by 013 243 1434 of stuur ‘n WhatsApp na 072 248 3855.

Die sleutel wat sowat drie weke gelede op die hoek van Meyer- en Beyers Naudestraat opgetel is. Foto: Verskaf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button