News

Oudpolisieman oorweeg om te appelleer teen uitspraak dat hy in aanhouding bly tot afhandeling van verhoor

Die oudpolisieman wat tereg staan op ten minste 37 klagtes, waaronder verkragting, oorweeg om appèl aan te teken teen die uitspraak dat hy in aanhouding moet bly tot die verhoor afgehandel is.

Borg is verlede Vrydag geweier vir die oudpolisieman wat op verskeie klagtes teregstaan en sy regsverteenwoordiger het bevestig dat hy dit oorweeg om appèl aan te teken.

Streeklanddros Esther Nevhutalu het tydens borguitspraak al die redes vir, en teen borg uiteengesit. Die landdros het in haar uitspraak die erns van die klagtes in ag geneem.

Mnr. Josef van Eeden, wat opgetree het vir die oudpolisieman tydens die borgaansoek, het gistermiddag bevestig dat die oudpolisieman dit oorweeg om appél aan te teken teen die uitspraak. Hy het dit egter duidelik gemaak dat daar nog nie gekyk is na ’n datum nie.

Van die 37 klagtes teen die oudpolisieman, sluit 11 klagtes van verkragting in.

Die oupolisieman is in Desember in die Kaap gearresteer en daar is tydens die hofverrigtinge gemeld dat die beweerde misdrywe tussen 1992 en 2019 plaasgevind het in Middelburg, Mbombela (Nelspruit) en Secunda.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button