News

OPVOLG: Pa toe hy begraafplaas vernietiging sien “daar is nog goeie mense”

Beloning vir inligting om grafskenders op te spoor

Die gewetenlose rampokkers wat grafte omgeskop het, het nie op graniet getrap nie, maar op mense se harte.
Mense van vlees en bloed.

Daar word gesê; wanneer jy ’n kind se naam noem, is dit nie om ouers te herinner dat hy oorlede is nie, maar dat hy gelewe het…dat hy lewe…
Dit is presies wat die afgelope week gebeur het.
Uit die hartseer is daar herinneringe opgediep.
Meer nog, goedheid en omgee, het geseëvier.

Mid-Oos Grafstene het die graffie weer reggemaak. FOTO: Verskaf.

Die geliefde afgetrede bankbestuurder, Altus Nelson, se tweeling dogtertjies se graffie is ook geskend.
Hy en sy vrou, Charlotte, het besluit om nie weer eendagoud Chane en Chanelle se graffie te herstel, deur die kopstuk terug te plaas nie. ’n Engeltjie wat op die graffie was, is ook voorheen beskadig. Die identiese tweeling is in 1994 vroeggebore en het net ’n dag gelewe.

Chane en Chanelle Nelson se stukkend gebreekte graffie. FOTO: Verskaf.

Dinsdagaand was die Nelson egpaar verstom, toe hulle ’n foto ontvang, van die graffie wat reggemaak is.
Toe hulle hoor van die verwoesting het Maureen en Carl Haynes, van Mid-Oos Grafstene, gaan ondersoek instel en op 54 beskadigde grafte afgekom.
Hulle het gister begin om die grafte gratis te herstel.
Hulle gaan selfs nuwe wit klippies op die graffies terug plaas.

Chane en Chanelle Nelson se graffie is weer reggemaak. FOTO: Verskaf.

Johann Hatting, wie se dogtertjie in 1991 oorlede is, is ook na die begraafplaas.
Hy sê “31 Desember 1991 sal my altyd bybly. My lewe verander in ’n oogwink.”
Toe hy gister by die begraafplaas stop en besef sy dogtertjie se graf is ook geskend “is daar ’n stuk uit sy menswees geruk”.

“Ons gaan gereeld na haar graffie toe, om blomme daar neer te sit. Toe ek die beskadigde graf sien, het ek diepe hartseer ervaar.”
Sy vertroosting was toe hy besef dat daar nog goeie mense op die dorp is.
“Carl en Maureen was saam met hulle span hard besig was om die graffies te herstel.”
*Klein Mariëlda het op 31 Desember 1991 by De Voetpadkloof verdrink.
Op haar graffie se kopstuk staan daar “Bekkie ons mis jou”.

Mid-Oos Grafstene sou vanoggend terugkeer om nog grafte te herstel.

  • Indien daar enigiemand is met inligting oor wie die grafskenders is, skakel Tobie van den Bergh by 0722 01 568. ’n Beloning word aangebied.

Lees ook:

Vrou begin huil toe sy flenter graffies sien

KYK: Talle grafte gevandaliseer oor Paasnaweek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button