Vergeet van ’n kleedrepetisie vir die derby.
Vergeet van “dit is maar net nog ’n wedstryd”.
Wanneer Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg Saterdag om 12:00 in die NWU Pukreeks aanmekaar spring, gaan die hare waai.
Dit is Groen teen Rooi, dorp se trots teen dorp se trots, ’n skool se eer op die spel.

Vir die Rooi Bulle is dit ’n reuse slag om sonder sy senterpaar te moet klaarkom weens beserings.
Die spanne speel uit vir posisie vyf tot ses.
Nelspruit pak Oos-Moot vir die derde tot vierde plek en die eindstryd word beslis tussen die omgekrapte span van Waterkloof en Menlopark.
HTS Middelburg:
Wynand Cronje, Fourie Joubert, Ruwan Graaff, Adrian Humphries, Liam Jacobs, Ruan Janse van Vuuren, Ruan Pienaar, Tiaan Bezuidenhout, Andrea de Wet (k), Regard Blake, Ruben Kruger, Max Venter, Carlo Engelbrecht, Waldro Lourens, Argu Kruger. Plaasvervangers: Zizi Mathibela, Ox Mathelela, Ruben Jooste, Jayden Olds, Eleazer Stuurman, Dante Lubbe, Cornelius Erasmus, Marinus Enslin.
Hoërskool Middelburg:
Kgontse Masilela, Blake Faber, Jano Wilson, Janre Oosthuizen, Aiden van Heerden, Buhle Mphahlaza, Enio Manhica, Menzii Siyaya, Sifiso Hlungwane, Gerbrand Davel, Kensani Buthelezi, Lihan de Vaal, Ziyanda Xaba, Ryan Blake, Melchior van Niekerk. Plaasvervangers: Kevin Grobler, CJ Serfontein, JP de Jager, Johan Raulstone, Aiden Nel, Jeandre Cornelius, Kamo Masilo, Jayden Abbey.
