Kinders hartseer want hul ‘maatjie’ is vergiftig
Wreedaards het kinders se 'maatjie' vergiftig.
Drie jong kinders se harte is gebreek, want hul hondemaatjie, Max, is gister in die vroeër oggendure by hul huis in Kanonkop vergiftig.
Die boewe was waarskynlik agter die motorfietse op die erf aan. Gelukkig het die buurman wakker geword toe die honde blaf, waarop die betreders weggehardloop het.
“Die kinders se harte is baie seer. Waar die kinders was, was Max altyd saam, besig om te beskerm en saam te speel,” sê Adelle Minnaar.
“Choppie treur ook oor sy maat, hy loop die hele tyd agter my aan en maak huilgeluidjies. Hy kom lê ook heeltyd met sy kop op my skoot, ek kan sien hy is ook hartseer. Hy lyk gesond, maar sy gewone eetlus is baie gedemp. Hy loop en soek Max orals,”
Choppie, dit pit bulterriër het ook gif ingekry, maar hulle kon hom gelukkig deurhaal.

- Die gesin wil graag motorfietseienaars waarsku dat die motorfietsdiewe weer bedrywig is. In bykans 80% voorvalle waar motorfietse deur die jare gesteel is, is die honde van die huiseienaar of bure vergiftig. Een van die Minnaars se motorfietse is in Januarie gesteel.
