NewsSport

Cobus Fourie se hoop op 43ste kroon eindig in die see

Daar is nie net Ystermanne nie maar ook ’n Ystervrou

Die man wat 42 Ysterman kompetisies voltooi het, Cobus Fourie, moes Sondag die bitter pil smaak om nommer 43 mis te loop.
’n Taktiese flater in die swemafdeling het sy Isuzu Ironman in Gqeberha beëindig.
Omdat hy nie die kortste moontlike roete gevolg het nie, het hy die afsnypunt gemis in die see en kon nie met die fietsry afdeling begin nie.
Hy het meer as vier kilometer geswem in plaas van die 3.8km.
Toe dit by die afsnytyd kom was hy nog besig om in die see te swoeg.

Chantelle Honeyborne by die Isuzu Ironman eindpunt. FOTO: Verskaf.

Fourie het gesê hy vat die terugslag op die kennebak en sal weer in 2027 terug wees.
Die Bekker egpaar, Shaun en Lizelle, was albei die naweek in Nelson Mandela-baai in aksie.
Die Isuzu Ysterman Suid-Afrikaanse kampioenskappe bestaan uit 3.8km swem, 180.2km fietsry, en 42.2km draf. Die volle afstand van die Ysterman is 226km.

Ystervrou! Chantelle Honeyborne. FOTO: Verskaf.

Middelburgers wat Ystermanne is, skuus daar is ook ’n Ystervrou

Herman van Niekerk swem 1:59:39, fietsry 7:35:58, draf 5:09:08 vir ’n totale tyd van 15:04:20.
Kobie Pruis 1:14:20, 6:08:53, 4:10:10, 11:42:11.
Pieter Heyns 1:29:18, 5:38:29, 3:54:31, 11:19:13.
Chantelle Honeyborne: 1:59:15, 7:33:08, 5:00:38, 14:46:49.
Danie du Plessis: 1:39:48, 7:05:53, 5:33:52, 14:33:13
Shaun Bekker: Hy voltooi die Ysterman in 13:27;17.
Die korter weergawe of 5150 is 1.5km swem, 40km fietsry en 10km draf.

Ysterman Shaun Bekker. FOTO: Verskaf.
Lizelle Bekker het die korter weergawe van die Ysterman voltooi. FOTO: Verskaf.
Herman van Niekerk is een van Middelburg se Ystermanne. FOTO: Verskaf.
Yster egpaar, of is dit pure goud? Lizelle en Shaun Bekker. FOTO: Verskaf.
Andrew Thomson. PHOTO: Supplied.

Middelburgers wat die korter weergawe voltooi het is:

Andrew Thomson in 3:19:11.
Lizelle Bekker in 3:13:23.
Marnus Bonsma 3:06:32.

  • Die Ysterman is oorheers deur buitelanders met net die Suid-Afrikaner Cameron MacNair wat in die top 10 eindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button