News

Hart eis polisieman Blackie Swart

Hy was ‘n polisieman in murg en been.

Hy was ’n legende wat in sy jare diens vele mense gehelp en ondersteun het Blackie Swart (76) was ’n polisieman in murg en been. ’n Polisieman in die tyd toe polisiemanne nog polisiemanne was.
In ’n tyd waar daar nie nonsens gevat is van kabouters nie.


Om te sê Blackie was in die sewentiger- en tagtigerjare ’n legende op Witbank, is om dit sagkens te stel.
Hy het saam met sy polisie kollega, Lieb Liebenberg, vele wedstryde vir Witbank Rugbyklub uitgedraf. Blackie op voorry en Lieb op slot.

Blackie Swart met sy Suidoos-Transvaal baadjie. FOTO: Verskaf.


Met sy dik snor en lyf van ’n voorry, het hy op en van die veld af, gesag afgedwing. Dit was ook ’n tyd waar ’n polisieman meer as die ou in blou uniform en polisie bakkie was. In daardie rol het Blackie met sy sagte hart en imposante figuur, ’n groot rol gespeel in inwoners se lewens.

Daar is dikwels by Blackie aangeklop om hulp. Hy het 45 jaar aktiewe diens by die selfde polisiestasie gehad. Maar nou is Blackie dood.


Hy is vanoggend, 21 April 2026, om 5:00, oorlede aan ’n hartaanval. Volgens sy familie het hy ook vir Suidoos-Transvaal en die B-span, die Blesbokke, uitgedraf.

Hy laat drie kinders Wayne, Sumarius en Suretha agter, skoonseun Dion en skoondogter Lesley, kleinkinders Daniella, Matthew, Ankia, Ashley, Dione, Clarissa en Nicus.
*Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button