So het die Middelburg Observer oor een van die suksesvolle derby dae berig.
En toe raak die skare mal! Daar gaan Saterdag “Middelburg, Middelburg, Middelburg” op die pawiljoene gedreun word, wanneer Hoërskool se groen golf sy stem laat hoor. Hoe het Gerhard Viviers altyd uitgesaai? “Man maar dis mooi, dis mooi!”
Aan die een kan gaan ’n see van rooi wees en aan die anderkant groen, alles groen. Ons wil so lekker voorgereg voorsit net om Middelburgers te herinner wat wag. Hierdie keer is dit nie die Rooi Bul wat kom nie, maar dit is “Middelburg, Middelburg, Middelburg…”. En natuurlik is dit Hoërskool Middelburg.
Ja-nee, die gees loop hoog vir die week se derbyverrigtinge en Saterdag se hoofgereg wanneer die eerstespanne mekaar pak op die sportvelde van MKiddies.
Die derby tussen Middelburg Hoërskool en Hoër Tegniese Skool Middelburg is al dekadeslank ’n instelling in Middelburg. In aanloop tot Saterdag se rugby kragmeting, hou die Middies die week ’n lekker geesvangweek. Hierdie video is van ‘n vorige jaar tydens die derby geneem, waar Middies hul skoollied uit volle bors sing.
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.