Dit word nie makliker nie.
Hoërskool Middelburg speel die naweek weg teen Waterkloof in die Noordvaal Virsekerbeker se bekerafdeling.
Die Pretorianers is tweede op die puntelys met net Garsfontein wat hom uit die eerste plek hou.
Middies is vierde in die bekerafdeling met Monument derde.
Noordheuwel, wat een van die sogenaamde “groot skole” is, is in die laaste plek met Rustenburg en Dr EG Jansen bo hom.
Hoërskool Middelburg se eerstespan het Saterdag met 48 41 deurgeskraap teen Rustenburg.
HTS Middelburg het met 33-26 teen Montana gewen en speel weg teen Klerksdorp, wat laaste op die jongste ranglys is vir spanne wat in die plaataddeling meeding.
Nelspruit gee die toon aan, gevolg deur Kemptonpark, Zwartkop, Wesvalia, HTS Middelburg, Montana, Transvalia en Klerksdorp.
