NewsSport

Ma en dogter is soos vinkel en koljander

Die een doen dit in Abu Dhabi en die ander een in Suid-Afrika

Die appel val nie ver van die boom af nie? Of is dit soos vinkel en koljander? Die een hardloop so vinnig soos die ander!

Terwyl die jong Fransune du Toit die wêreld aan die brand hardloop in Abu Dhabi is haar ma, Fransie, besig om die podiumplekke in te ryg.
Fransune het die afgelope naweek tweede geëindig in die One Run wedloop oor 10km en haar ouderdomsgroep gewen in Abu Dhabi.

Smiling woman in an orange "One Run" shirt holds two medals against a backdrop with event logos. The atmosphere is celebratory and triumphant.
Fransune du Toit met haar One Run medaljes. FOTO: Verskaf.

In Suid-Afrika het Fransie vandat sy in Desember 60 jaar oud geword het, alreeds 20 eerste plekke in haar ouderdomsgroep losgehardloop.
Sy het die mylpaal met die Ice Breaker in eMalahleni behaal.

Ander podiumplekke op haar kerfstok is onder andere die Irene wedloop, Sudwala Screaming Monster, Elansvallei, Kosmos 3 in 1 die middag ’n halfmarathon en die aand ’n 10km., Gert Sibande se tawwe halfmarathon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button