NewsSport

Fietsryklub, warmbrakke en die groot uitdaag

Veteraan fietsryer wys die jonges hoe trap jy ’n ysterperd

Waar is dit lekker?
Nee man, nie net by Loftus nie!
Dit is lekker by Middelburg Fietsryklub.

’n Groot groep lede het aan die maandelikse klubuitstappie deelgeneem, waar daar grondpad na ’n plaas gery is, met warmbrakke en ’n koue lafenis op die einde.
Middelburg moet seker een van die sterkste oor 60 fietsrygroepe in die land hê.
Dit het die veteraan, Kobie Groenewald, weer gewys toe hy die maandelikse uitdaging gewen het.

Uitslae van die Elevation Challenge. Foto: Verskaf.

Dit het bekend gestaan as die “Elevation Challenge” en hy het op 21 838 geëindig, met Riaan van den Berg tweede op 12 064 en Corné Ferreira 12 028 derde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button