Man sonder klere takel blikkieversamelaar in Oosstraat
Hy's al swetsende die straat af en vloek almal onder hulle klere uit.
Inwoners van Oosstraat moes oomblike gelede keer of ‘n man sonder klere het ‘n blikkieversamelaar dood gewurg.
Die bakleiery het in Oosstraat tussen die man met ‘n hemp om sy lyf gebind, en ‘n sakgrawer ontstaan nadat die man die herwinnaar uit die bloute, volgens ooggetuies aangeval het.
Die slagoffer was besig om blikkies uit ‘n inwoner se asblik te haal toe hy getakel is.
Die aanvaller het die herwinnaar op ‘n stadium op die grasperk vasgepen, met hom bo op die slagoffer se rug.

Ooggetuies het hulp op GPF groepe ingeroep en sê die man het die slagoffer ook probeer verwurg.
“Asseblief, kom help gou, hy verwurg die man!,” is paniekerig ingeroep na ‘n eerste versoek vir hulp.
Ooggetuies sê die man het die slagoffer laat staan nadat inwoners ingegryp het.
Hy is woedende die straat af met inwoners wat sê hy vloek almal onder hulle klere uit.
Hulp het intussen opgedaag.
