News

DA stel verkiesingsplakkate bekend in die aanloop tot die 4 November verkiesings

‘n Meerderheid in die raad is moontlik met 33 000 stemme.

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag hul verkiesingsveldtog geloods met die bekendstelling van hul verkiesingsplakkate.

Die DA-plakkate is saam met Bosman Grobler, die DA se burgemeesterskandidaat vir Middelburg, teen pale rondom die munisipaliteit opgehang.

“Die DA is baie opgewonde om die aanslag op die verkiesing te begin. Ons doelwit is om 33 000 stemme in Steve Tshwete te kry,” het Bosman tydens die geleentheid aan die Middelburg Observer gesê.

Grobler het inwoners ook aangemoedig om op 21 en 22 Junie te registreer vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.

“As elke persoon wat in 2021 vir die DA gestem het, net een ekstra persoon bring om te registreer en te stem, sal die plaaslike DA ’n oorgrote meerderheid in die raad behaal,” sê Grobler.

“Wanneer die DA beheer oorneem, is daar drie prioriteite waaraan onmiddellike aandag gegee sal word,” sê Grobler.

Hy lys die drie prioriteite as volhoubare basiese dienste, veiligheid en ekonomiese ontwikkeling. Al hierdie prioriteite sal die daaglikse kwaliteit van inwoners se lewens drasties verbeter.

Volg Grobler gerus op die ‘Mayor Bosman’ Facebook-blad om op hoogte te bly van sy verkiesingsveldtog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button