News

KYK: In jou mamp(m)oer as jy proe voor jy draf

Museum kombineer dag se vermaak met sport.

Draf en fietsry.
Daarna mampoer.
Anders is jy in jou maai.

Daar word op 6 Junie mampoerfees gehou by die Dinokeng museum wat sentraal geleë is naby Bronkhorstspruit. Hierdie jaar saam met ’n bergfietswedren en veldwedloop.

@middelburgobserver

Daar word op 6 Junie mampoerfees gehou by die Dinokeng museum wat sentraal geleë is naby Bronkhorstspruit. Hierdie jaar saam met ’n bergfietswedren en veldwedloop. Die MTB begin om 8:15 en die veldwedloop om 11:30.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver


Die MTB begin om 8:15 en die veldwedloop om 11:30. Moet nou nie deurmekaar raak met die program en begin met die MP nie; Mampoer Proe. Wedloopdag by ’n museum is anders as enige ander sportgeleentheid.

Die Ditsong Willem Prinsloo Landboumuseum bewaar Suid-Afrika se landbougeskiedenis van die Steentydperk tot 1945 – ’n werklik unieke agtergrond vir wedloopdag. Voeg ’n gratis dag by die Mampoerfees by en jy het ’n dag wat die moeite werd is om in die kalender te merk.

Bergfiets inskrywings:

5km
R150
12km
R300
50km
Vier rondtes
R380.

Draf of loop inskrywings:

5km
R100
12km
R250
24km
R300.

Registrasie

Donderdag 4 Junie 2026 10:00 tot 15:00.
Solomons Cycles Centurion
19 Jakarandastraat Lenchen Sentrum, Hennopspark, Centurion
Saterdag 6 Junie 2026 06:45 tot 07:45
Ditsong Willem Prinsloo Museum.
Laat inskrywings is welkom by die lokaal.

Of by myactive.co.za

Mampoerfees – 6 Junie 2026.

Skryf in vir die MTB of wedloop en kry gratis toegang tot die Mampoerfees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button