Sy senters op die kantlyn, ’n losskakel wat ligamente in sy enkel beseer het, ’n agsteman wat sy tibea gebreek het en die slot Max Venter wat hierdie week sy enkel “gerol” het tydens ’n oefening.
Sulke nuus sal enige rugby afrigter in sak en as laat.
Maar nie Jano Venter nie.
Die HTS Middelburg eerstespan afrigter was steeds positief dat sy span more (Saterdag) sy man sal staan teen Wesvalia op die HTS Middelburg se rugbyvelde inj ndei Virsekerbeker plaatafdeling.
Die besoekers van Klerksdorp het die laaste twee jaar met rasse skrede verbeter en kan nie onderskat word nie.
Die eerstes skop om 13:45 af.
HTS Middelburg:
Vusi Sibiya, Fourie Joubert, Adrian Humphries, Wynand Cronje, Owen Mngomezulu, Dante Lubbe, Ruan Pienaar, Regard Blake, Andrea de Wet (k), Jayden Olds, Ruben Kruger, Tiaan Grobler, Uzile Mathelela, Waldro Lourens, Carlo Joubert. Plaasvervangers: Jade Stimie, Leron Argu Kruger, Chessman Albert Edward Elmes, Ethan Versfeld, Max Venter, Marinus Enslin, Ruwan Graaff, Cornelius Erasmus.
Hoërskool Middelburg het die naweek ’n loslootjie.
