Beserings het nou ook die Rooi Bulle oorsee getref.
Nadat beserings die HTS Middelburg bulkraal leeg gestroop het, het die oud Rooi Bul, Kwagga Smith, ’n ernstige kniebesering in Japan opgedoen.
Smith het gisteraand gesê dat sy meniskus geskeur is en ’n gedeelte van sy ACL ligament.
“Ek is gelukkig klaar geopereer en die herstelproses is aan die gang,” het hy gesê.
Hy sal ongeveer ’n jaar langs die kantlyn wees.
Dit is ’n reuse terugslag vir die Springbokke wat hulle eerste wedstryd op 20 Junie teen die Barbarains speel.
Die beseringspook het vroeg die seisoen al begin loop toe die voorslag senter, Jacques Greyling, se milt geskeur is.
Dinsdag het die ander senter, Nathan Jansen van Vuuren, ligamente in sy knie geskeur.
Hy word volgende week geopereer en ’n insamelingsveldtog is begin om R150 000 vir die operasie bymekaar te maak.
Eerstespan afrigter, Jano Venter, het gesê verskeie ander spelers is beseer.
