News

Nog net R34 255 nodig vir operasie

Bydraes het vandag vir Nathan Jansen van Vuuren ingestroom.

Die Nathan Jansen van Vuuren-fonds het vandag R49 800 ontvang, sodat die bielie senter volgende week geopereer kan word.

Die uitstaande bedrag om sy mediese  koste te delg, is R34 255.00.

Dit sluit die kostes vir die hospitaal, ortpopeed, narkotiseur en fisioterapeut in.

Jansen van Vuuren is Dinsdag in die wedstryd tussen die Puma en Valke se Cravenweek spanne beseer, toe hy ’n skitter drie gedruk het.

Hy het onder die pale oorgeval en ligamente in sy knie geskeur.

Hy het vroeër die jaar wonderbaarlik herstel, nadat hy by ’n losskrum geloop is tydens die Virsekerbeker wedstryd teen Dr EG Jansen op die veld van HTS Middelburg.

Daar is vir die ergste gevrees, nadat hy op ’n draagbaar van die veld gedra en met ’n ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer is.

Binne dae was hy op die been en reg om weer vir die Rooi Bulle uit te draf.

Hoërskool Middelburg het R10 000 bygedra  sodat Jansen van Vuuren geopereer kan word, terwyl Middelburg Rugbyklub ook vandag onderneem het om ’n bydrae te maak.

Daar word gehoop dat die laaste fondse oor die naweek bymekaar gemaak kan word.

Vir navrae waar om by te dra, bel die HTS Middelburg eerstespan spanbestuurder, Deon van Straaten, by 073 233 4073 of Jano Venter, die afrigter, by 082 372 7933.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button