News

Rugbyklub en Bulldogs vra gemeenskap om Nathan te help

Fondse nog nodig sodat senter volgende week geopereer kan word.

Vanuit alle oorde is daar bydraes gemaak sodat die HTS Middelburg senter, Nathan Jansen van Vuuren, volgende week ’n knie-operasie kan ondergaan.

Die operasie kos R150 000 en die doelwit is nog nie bereik nie.

@middelburgobserver

Hulp vir Nathan 1 – Rugby gemeenskap vra mense om senter te help sodat hy geopereer kan word  vir beseerde knie.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die spanbestuurder van die Rooi Bulle eerstespan, Deon van Straaten, sê dat hulle “tweederdes daar is maar nog fondse benodig”.

Middelburg Rugbyklub het intussen besluit om soos Hoërskool Middelburg ook tot die fonds wat gstig is by te dra.

Die Middelburg Rugbyklub afrigter, Henk Wessels, het mense aangemoedig om ’n bydrae te maak.

“Jy het nog baie rugby in jou oor. Hulle noem jou seker Boepens omdat jy almal so afstamp,” het Wessels gesê.

@middelburgobserver

Hulp vir Nathan 2 – Rugby gemeenskap vra mense om senter te help sodat hy geopereer kan word  vir beseerde knie.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Sterkte, mag die Here jou seën en mag dit net ’n klein uitdaging wees.”

Chelton de Villiers het namens die Bulldogs sewes rugbyspan gesê Nathan sou met trots die Bulldogs tydens die sewes toernooi in Klerksdorp verteenwoordig het.

Hy het ook ’n beroep gedoen op die gemeenskap om Nathan, wat nie ’n mediesefonds het nie, te help om die bedrag bymekaar te maak.

“Sterkte, ons dink aan jou.”

*Daar is ’n BackaBuddy-skarefinansiering fonds gestig.

Vir navrae of om bydraes te maak kan Van Straaten by 073 233 4073 of hoofafrigter Jano Venter by 082 372 7933 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button