News

R230 350 vir Nathan ingesamel

Grootse poging wys wat gebeur wanneer ’n gemeenskap saamstaan.

’n Hele R230 350 is vir Nathan Jansen van Vuuren ingesamel.

Die groot HTS Middelburg senter kan nou volgende week geopereer word.

Hy is beseer tydens die wedstryd tussen die Puma en Valke Cravenweek spanne.

Omdat hy nie oor ’n mediesefonds beskik nie, is daar dadelik begin om geld in te samel sodat hy aan sy knie geopereer kan word.

Die HTS Middelburg eerstespan spanbestuurder, Deon van Straaten, het gesê die volle bedrag is ingesamel.

“Namens Nathan, die Rooies Bond en sy afrigters wil ons ons opregte dank en waardering uitspreek aan elke persoon en organisasie wat tot die fondsinsameling vir sy operasie bygedra het.

“Danksy die ruimhartigheid, omgee en ondersteuning, is daar ‘n totaal van R230 350 ingesamel.

“Hierdie ongelooflike bydrae het nie net finansiële verligting gebring nie, maar ook hoop, bemoediging en krag gedurende ’n uitdagende tyd.”

Die fondse sal in ’n aparte rekening gehou word om enige mediese of verwante kostes wat moontlik ná die operasie mag ontstaan, te dek.

Indien daar gelde oorbly nadat alle kostes afgehandel is, sal dit in die toekoms aangewend word om ander spelers te ondersteun wat ernstige beserings opdoen en soortgelyke hulp benodig.

“Baie dankie aan elkeen wat geskenk, gebid, boodskappe van ondersteuning gestuur en hierdie saak ondersteun het. U goedhartigheid maak ’n werklike verskil en bewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan.”

Daar is R150 000 benodig vir die operasie wat in Pretoria gedoen gaan word.

Dit kan Jansen van Vuuren se loopbaan ook verseker omdat daar reeds planne was om vir hom ’n kontrak in Japan te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button