Bowen laat Barnyard bewe
Leo nie bestand teen jong vegter se bomme nie met Ouma langs die kryt.
Bowen Kruger het gisteraand die Barnyard in Vereeniging laat bewe.
Die jong Middelburgse vegter het die Kapenaar, Leo Knoetze, met punte geklop.
Knoetze het in die eerste rondte met ’n paar houe getref en gewys dat hy gekom het om te baklei.
Die ervare hotklou is egter toe alreeds deur ’n paar Bowen-bomme getref.
Die Kruger familie was in volle sterkte langs die kryt van pa Zane tot ouma Ina en oupa Des.
Die Kruger aanmoediging het Bowen in die tweede rondte aangevuur en hy het verdediging oorboord gegooi. Hy het Knoetze eers met ’n paar skoppe na die bene getref en hom toe veral in die tweede rondte seergemaak
Na twee jaar se afwesigheid in die kryt het hy sy roes afgeskud en gewys dat daar vir hom ’n loopbaan in die veghok is.
