News

Kind se snelweg dood skok gemeenskap

Bestuurder op die toneel gearresteer.

Die Belfast gemeenskap is in skok na die dood van kind tydens botsing op N4 naby Engen-vulstasie.

Die 12-jarige seun Wayne Cordier was Vrydag ongeveer 16:00 by Wimpy saam met twee maats toe hulle oor die snelweg wou terug hardloop dorp toe.

Wayne, ‘n leerder van Belfast Akademie, is deur ‘n voertuig getref en opslag dood.

Beide maats het gesien hoe Wayne raak gery is.

Een van die maatjies het erg emosioneel na die polisiestasie gehardloop vir hulp, terwyl die ander hom na Wayne gehaas het.

Die bestuurder van die voertuig se vrou het op die toneel in mekaar gesak.

Eugene Schemper eienaar van Wimpy is onmiddelik na die ongeluk deur een van sy toesighouers gekontak en oor die ongeluk in kennis gestel.

‘n Ambulans is ontbied en die polisie is gekontak. Volgens ooggetuies op die toneel is die maatjie wat saam met Wayne in die skool is, in ‘n polisie voertuig gehou waar hy getroos is deur omstanders.

Die bestuurder van die voertuig is op die toneel gearresteer. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Wayne se ma is in kennis gestel van sy afsterwe, en die Departement van Maatskapklike Ontwikkeling hanteer verder die saak.

Navrae is intussen aan die departement gerig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button