Twee mans is vanmiddag, net voor Kranspoort vasgetrek nadat ’n voertuig wat in Belfast gekaap is, skielik in die area van Doornkop opgemerk is.
Die sukses is te danke aan samewerking tussen die plaaslike Dagpatrollie, Falcon Sekuriteit van Kranspoort en Damwal Sekuriteit.
Die Toyota Avanza is ‘n ruk gelede op Belfast gekaap.
Die voertuig is deur roetekameras gevolg, maar verloor.
Farmwatch-groepe wat die roetekameras beman het vroeër die voertuig weer opgemerk.
Falcon het die soektog gekoördineer.
Farmwatch-groepe van so ver as Dullstroom is ook op gereedheid geplaas.
Die voertuig het by Doornkop uitgery in die rigting van Groblersdal in Limpopo.
Alarm is gemaak en ‘n soektog na die gekaapte voertuig is onmiddellik uit Kranspoort en Middelburg van stapel gestuur.
Falcon het die voertuig tussen Kranspoort en Damwal opgemerk, met Damwal sekuriteit wat daar op bystand was.
Die voertuig is suksesvol van die pad af deur die trio gedruk waar twee mans in aanhouding geplaas is en later aan die polisie oorhandig is.
Twee mans het weg gekom.
Wapens is tydens die kaping gebruik, maar geen wapens is in die voertuig gevind nie.
Boere word gevra om op die uitkyk te wees vir verdagte mense op omliggende plase.
Middelburg Dagpatrollie was ook Saterdag betrokke by die koedoe-redding in Kanonkop.
Lede het van omstreeks 03:00 Saterdagmore todat na die koedoes gepyl en verwyder is, ‘n oog oor die twee bokke gehou en die Mpumalanga Parke en Toersimeraad van hul beweging op hoogte gehou.
