‘n Video van ‘n worshond wat deur ‘n bussie, en bakkie agterna by die Ninfa-tuinsentrum afgelaai is, het konsternasie op WhatsApp-groepe veroorsaak met ‘n video met samelopende kommentaar wat inwoners warm onder die kraag het.
Op die video kan gesien word hoe die voertuie die parkeerarea inry en daarna saam wegry.
Met die worshond wat dan skynbaar agterna trippel.
Daar word tans verkondig dat die hond weer tuis is.
Dis glo ‘n speletjie wat die eienaars met die worshond speel.
Volgens die spel word die worshond afgelaai, en dan vind hy weer sy pad huis toe.
Daar is ‘n gat in die heining waarvan die eienaars bewus is, waardeur die worshond terug in die erf kan kom.
‘Hy hardloop vir hulle ook weg,’ is op ‘n stempos gedeel nadat die ‘n video inwoners aan die gons het.
Die eienaars het foto’s van die worshond tuis aan die deler gestuur.
Inwoners is nie beïndruk nie, maar gee die eienaars die voordeel van die twyfel oor die verskoning.
Dinge het intussen bedaar nadat daar gevra is om die eienaars te dox.
Verskeie inwoners het die video vir Middelburg Observer gestuur.
Dit word weerhou om die eienaars van sosiale media teistering te spaar.
