NewsSport

Oupa Hendry sou trots gewees het

Kleinseuns volg in sy voetspore met verkiesing vir Pumas

Ai, oupa Hendry van Tonder sou darem trots gewees het!
Twee van sy kleinseuns, Jayden en Justin Olds, is vir Puma spanne gekies.
Jayden is lid van HTS Middelburg se eerstespan en is vir die Puma o/17 A-span gekies en Justin, wat vir HTS Middelburg se o/15 span speel, is vir die Puma o/15 A-span gekies.

Jayden Olds vir die Rooi Bulle op pad doellyn toe. FOTO: Verskaf.

Soos hulle oupa, is die twee boeties voorspelers.
Jayden speel nommer ses flank en Justin haker, maar hy is op agsteman vir die Pumas gekies.
Hendry was ’n agsteman wat ook vir Middelburg, Suidoos-Transvaal en Noord-Transvaal, op flank gesak het.

Justin Olds speel haker vir HTS Middelburg se o/15 A-span. FOTO: Verskaf.

Tydens die veelgeroemde Lionbeker wedstryd teen die Westelike Provinsie in 1983, wat Suidoos met 24-19 gewen het, was hy die nommer sewe flank, Terence Moll op ses en die flambojante Jorrie Jordaan die agsteman.
Van Tonder sou uiteindelik 96 wedstryde vir Suidoos speel.

Tydens sy begrafnisdiens op 15 Desember verlede jaar, het Jayden ’n roerende huldeblyk aan sy oupa gelewer en gesê hy en sy boetie sal alles doen om in sy voetspore te volg.
Die skitterende losvoorspeler is oorlede terwyl hy op ’n leweroorplanting gewag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button