News

KYK: Hey Rudolph die Noordpool soek jou!

Waterbok op hol in industriële gebied.

Kersvader mis een van sy bokke!

‘n Waterbok met kersliggies om sy kop het die industriële gebied op hol.

Die waterbokbul het byna ‘n voertuig getref in die hardloop.
Die voertuig se paneelbordkamera het die konfrontasie opgeneem.
Op die video pyl die bok reguit op die voertuig af.
Wat die bestuurder egter stomgeslaan het, is die feit dat die bok kersliggies om sy kop gedraai het.

Dit wys duidelik daarop dat die bok iewers in die hande van mense was. Dis tans egter nog onduidelik waar die bok vandaan kom.

@middelburgobserver

Minder as ‘n maand nadat twee verdwaalde koedoes amok gemaak het in Kanonkop, is ‘n waterbok vanoggend in die industriële gebied van Middelburg gesien. Die bok het byna ‘n ongeluk veroorsaak en die konfrontasie is op die voertuig se paneelbordkamera vasgevang. Die DBV is tans op die bok se spoor.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die voorval merk die tweede keer wat ‘n bok konsternasie in die dorp veroorsaak het, in minder as ‘n maand.
Op 30 Mei was die hele Kanonkop op hol, na twee koedoes hul intrek in die woonbuurt geneem het.
Die bokke is omstreeks 03:00 die oggend in Proteastraat opgemerk.

Lees hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2026/05/30/kyk-twee-koedoes-gepyl-in-kanonkop-een-in-huis-se-sitkamer/

Middelburg Dagpatrollie het die bokke deurlopend gevolg en dop gehou totdat ‘n veearts kon opdaag om die bokke te pyl en skuif.
Een van die bokke het deur ‘n huis in Broodboomstraat se sitkamer venster gespring.

Die bok is later deur dr. Munnik Hertzog in die huis gepyl.

Lees hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2026/06/01/de-voetpadkloof-se-koedoes-is-veilig/

Soos die verdowing ingeskop het, het die bok weer deur die gebreekte venster na buite geklim.
Hy is daar grond toe gevat en behandel deur dr. Hertzog.
Die ander bok het lêplek onder ‘n afdak in Tambotiestraat gekry.
Die jonger bok is onder die afdak gepyl waarna hy ongeveer 4km na Lovers’ Corner gehardloop.

Hy het egter in die rivier in gehardloop waar hy met groot moeite uitgehaal is.

Beide bokke is in die Loskop Natuurreservaat vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button